2016 Spaanse Grand Prix

Formula 1 Gran Premio de España Pirelli 2016
Datum 15 Mei 2016
Plek Circuit de Barcelona-Catalunya
Voorste wegspringplek
Renjaer Lewis Hamilton Mercedes
Tyd 1:22.000
Vinnigste ronde
Renjaer Daniil Kvyat Toro Rosso-Ferrari
Tyd 1:26.948 (rondte 53)
Podium
1 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer
2 Kimi Räikkönen Ferrari
3 Sebastian Vettel Ferrari

Die 2016 Formule Een Spaanse Grand Prix was 'n Formule Een motorwedren wat op 15 Mei 2016 by die Circuit de Barcelona-Catalunya in Montmeló, Spanje gehou is. Die wedren was die vyfde rondte van die 2016-seisoen en dit was die 46ste keer wat die Spaanse Grand Prix as 'n rondte van die Formule Een Wêreldkampionskap en die ses-en-twintigste keer by Catalunya gehou is.

Die jong Nederlander Max Verstappen het sy eerste oorwinning van sy loopbaan in die ren behaal. Die twee Mercedesbestuurders Lewis Hamilton en Nico Rosberg het reeds vroeg uitgeval nadat hulle in die ren se eerste rondte teen mekaar gebots het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy